Month: Januarie 2018

Beloftes, Beloftes

Ek en my jongste dogter speel dikwels “Knyp” met mekaar. Wanneer sy die trappe klim, jaag ek haar en gee haar ’n ligte knypie. Volgens die reëls mag ek haar net knyp (liefdevol, natuurlik) wanneer sy op die trappe is. As sy bo staan, is sy veilig. Soms is sy nie lus om te speel nie. As ek haar dan…

My Hulp!

Die Brooklyn Tabernakelkoor bekoor skares dekades lank al met hul sielsopheffende gospelliedere. ’n Voorbeeld hiervan is gebaseer op Psalm 121: “My Hulp.”

Psalm 121 begin met ’n persoonlike belydenis van geloof in die Here wat alles geskep het en die psalmis se bron van hulp was. Dit sluit stabiliteit in, 24/7-versorging, blywende teenwoordigheid, beskerming, en teenswoordige asook ewige bewaring van…

Deur Die Gees

Wat doen jy as daar ’n berg in jou pad staan? Toe Dashrath Manjhi se vrou sterf omdat hy haar nie betyds by die hospitaal kon kry nie, het hy die byna onmoontlike aangepak. Hy het 22 jaar lank ’n massiewe gat in die berg uitgekap sodat ander dorpenaars betyds by die hospitaal kon kom om die nodige mediese sorg…

Hanteer Vertragings

’n Globale rekenaarnetwerk wat foutief raak, kan wydverspreide vertraging van vlugte veroorsaak en duisende passasiers op lughawens gestrand laat. Tydens ’n winterstorm kan veelvuldige motorongelukke tot die sluiting van hoofweë lei. Iemand belowe om “dadelik” te antwoord, maar doen dit nie. Vertragings wek dikwels woede en frustrasie, maar ons het, as navolgers van Jesus, die voorreg om na Hom op…

’n Dankbaarder Hart

Wil jy graag ’n dieper bewustheid van dankbaarheid ervaar? George Herbert, ’n sewentiende-eeuse Britse digter, moedig lesers in sy gedig: “Gratefulness,” daartoe aan: “U het my so baie gegee. Ek vra nog één ding: ’n dankbare hart.”

Herbert het ontdek wat nodig was om dankbaar te wees – slegs ’n bewustheid van die seëninge wat God reeds aan hom geskenk…

Die Krag Van Gebed

Toe ek op ’n keer diep bekommerd was oor die welsyn van ’n persoon na aan my, het ek bemoediging geput uit ’n deel van die Ou-Testamentiese verhaal van Samuel, die wyse leier van die Israeliete. Terwyl ek gelees het hoe Samuel vir God se volk ingetree het, het ek my voorgeneem om ook te bid vir die een vir…

View Profile

[rbc_profiles]

Strewe Na Eenheid

Tydens die 1950’s het ek nooit rassisme of die daaglikse apartheidspraktyke bevraagteken nie. Mense van verskillende velskakerings is in alle openbare sektore van die samelewing van mekaar geskei.

Toe ek in 1968 weermag toe is, het my houding verander. In ons kompanie, met jongmanne uit baie en verskillende kulturele groepe, het ons gou geleer om mekaar te verstaan, te aanvaar,…

Om Te Ken En Lief Te Hê

“Jesus min my, salig lot. Weet dit uit die Woord van God.” Só klink die woorde van een van die Christelike musiek se langs bestaande liedjies, veral vir kinders. Dié liriek wat deur Anna B. Warner in die 1800’s geskryf is, bevestig ons verhouding met Hom – dat ons geliefd is.

Iemand het vir my vrou ’n bordjie vir ons…

’n Kwaai God?

Tydens my studies van die Griekse en Romeinse mitologie aan die universiteit, het dit my getref hoe buierig en kortgebonde die gode in die verhale was. Die objekte van hul woede se lewens is verwoes – dikwels op die ingewing van die oomblik.

Hoe kan enigiemand in sulke gode glo? Toe moes ek myself ook afvra: Verskil my siening van…